
anderkant - arno carstens lyrics
anderkant lyrics
in die kar, in die nuus, op die radio
in die ry, in die mall, in die pick ‘n pay
en op die strand waai die wind my woorde weg
sit op die stoep tot laat
as die lig in die skemer in die aand verdwyn en die donker oor my spoel
skryf ek nog ‘n liedjie om beter te voel en ek wonder wat jy doen
en aan die anderkant
van die baai het jy ‘n huis
en as die liggies brand
weet ek daar’s iemand tuis
my hele lewe lank in ‘n band gejol
die lyne van die pad deur die land gevolg
en op ‘n strand waai die wind my woorde weg
sit in die hotel tot laat
en as die lig in die skemer in die aand verdwyn en die donker oor my spoel
skryf ek nog ‘n liedjie om beter te voel en ek wonder wat jy doen
en aan die anderkant
van die baai het jy ‘n huis
en as die liggies brand
weet ek daar’s iemand tuis
en as die lig in die skemer in die aand verdwyn en die donker oor my spoel
skryf ek nog ‘n liedjie om beter te voel en ek wonder wat jy doen
na die anderkant
na die anderkant
en jou oë, jou somer skouers blink
jou hare is terug geborsel
en jy is besig om dit vas te bind
jou sonbrille vang vir ‘n oomblik die sonlig
en na die anderkant
van die baai het jy ‘n huis
en as die liggies brand
weet ek daar’s iemand tuis
en as die lig in die skemer in die aand verdwyn en die donker oor my spoel
skryf ek nog ‘n liedjie om beter te voel en ek wonder wat jy doen
na die anderkant
van die baai het jy ‘n huis
en as die liggies brand
weet ek daar’s iemand tuis
Random Song Lyrics :
- good god (acoustic) - mission house lyrics
- stuck - moralless lyrics
- calm down, stay around - navvvi ツ lyrics
- #stannahemma - ivory lyrics
- koshi - moelogo lyrics
- boombox! - kazuo lyrics
- accident - dodi el sherbini lyrics
- 緋茘榭‧少年 (fei1 lai6 ze6 ‧ siu3 nin4) - hins cheung 張敬軒 lyrics
- make me love - golden child lyrics
- mood ring (by demand) (ape drums remix) - britney spears lyrics