
ek behoort aan die see - deon meiring lyrics
het iemand al vir jou gesê
jy’s ‘n raaisel soos die see
ek wil hê jy moet weet
as die sproei so aan
jou hare kom kleef
sal my moed weer en weer
op jou strande kom breek
as die wind so agter
die duine gaan lê
dan bly ek agter
en hoop net jy sê
my naam so saam
met die bossies se reuk
ek wil hê jy moet weet
ek behoort aan die see
waar die wind weer in
ons lywe kom leef
en jou water weer sout
vir die aarde kan gee
jy’s ‘n mistige oggend
die gedruis in die nag
jy weergalm in my
soos die skrif in die sand
as die wind so agter
die duine gaan lê
dan bly ek agter
en hoop net jy sê
my naam so saam
met die bossies se reuk
ek wil hê jy moet weet
ek behoort aan die see
as die wind so agter
die duine gaan lê
dan bly ek agter
en hoop net jy sê
my naam so saam
met die bossies se reuk
ek wil hê jy moet weet
ek behoort aan die see
Random Song Lyrics :
- metal-dnb needs your support! - kula diamond lyrics
- i'll go around - the slut banks lyrics
- mi voz sin autotune y acapella - kimby lyrics
- why - scaredrin lyrics
- come to brazil - the offspring lyrics
- kirin - pincey lyrics
- my life flow - enden lyrics
- сила (power) - plc lyrics
- allein - 77raze lyrics
- ika'y nag-iisa - katrina velarde lyrics