
die goeie ou dae - fokofpolisiekar lyrics
watse deel van die goeie ou dae mis jy?
is dit patriargie?
of lyfstraf kry?
nou’s ons glase vol
urbanol en alkohol
soek net iewers om uitmekaar uit te kan val
ons leef basies
in ‘n tv tussen stasies
almal op hul tone
hul fone
hul gode
hommeltuig*patrone
hologram*spoke
droom met oop oë
ek is almal wat voor my was
‘n junkie op ‘n vloermatras
‘n kind met vlieë op haar gesig
‘n enkelouer*alkoholis
en jou pa wat by ‘n brug af
spring
watse deel van die goeie ou dae mis jy?
is dit die massamoord?
of oopkyktyd?
nou’s ons glase vol
urbanol en alkohol
soek net iewers om
uitmekaar uit te kan val
weet jy wat maak ‘n plek kak?
dis die mense
daar’s baie van ons dood
en ons hou net aan met lewe
die moeilikste ding is om myself te vergewe
ek is almal wat voor my was
‘n junkie op ‘n vloermatras
‘n kind met vlieë op haar gesig
‘n enkelouer*alkoholis
en jou pa wat by ‘n brug af
spring
watse deel van die goeie ou dae mis u?
is dit die passewet?
of die potpourri?
nou’s ons glase vol
urbanol en alkohol
soek net iewers om
uitmekaar uit te kan val
Random Song Lyrics :
- reason (carter tutti remix) [edit] - erasure lyrics
- advice (nobody follows) - emanuel dorris lyrics
- devin tyler- different remix( feat. seewhythegreat & younglow) - migu3lgarc1a lyrics
- checklist (onaroll demo) - mac miller lyrics
- just friends - chaos baby lyrics
- lovers who wander (but we lost the key and beat) - sharrum lyrics
- blue rose - jvst rebel lyrics
- dolce far niente - projekt01 lyrics
- i know what it's like - television skies lyrics
- kara toprak - orhan gencebay lyrics