
groei op my - juanita du plessis lyrics
breek my oop met jou soene
saggies langs die pad
stap dan vêrder na die kamers van my hart
skil my af met jou woorde
so diep as wat jy wil
kom kyk hoe jy die leemtes in my vul
want jy groei op my
soos ‘n warm mos kombersie
jy groei op my
soos koring onder die reën
jy klou aan my
hoe kan ek jou dan nie hou nie
soos die somer, die son en als wat lewe gee
so groei jy op my
kom klim hier onder my vêl in
maak jouself maar tuis
hierdie hart van my is nog altyd net jou huis
sluit my dan toe met jou oë
hou die sleutеl net vir jou
kan jy sien hoe jou liеfde om my vou
want jy groei op my
soos ‘n warm mos kombersie
jy groei op my
soos koring onder die reën
jy klou aan my
hoe kan ek jou dan nie hou nie
soos die somer, die son en als wat lewe gee
so groei jy op my
so groei jy op my
Random Song Lyrics :
- virtual luv - chu di lyrics
- calling - coldrain lyrics
- simon says - acoustic version - b. smyth lyrics
- unreal appeal - wise monkey orchestra lyrics
- venom - synsnake lyrics
- where'd you go? - brunch club lyrics
- tausend mal du - prince damien lyrics
- the best years of my life - the dream syndicate lyrics
- left 4 dead - kid travis lyrics
- 너에게 다가갈 거야 (close to you) - go woon (고운) lyrics