
se nou maar - lize beekman lyrics
sê nou maar ek wag vir jou hier
ek belowe dis ‘n mooi plek die
en ek sal wag as jy die langpad vat
met kos en water rusplek vir jou hart
en ek sal dag en nag ‘n lig laat brand
jy sal van veraf kan sien veilig kom tot hier
ek belowe dis ‘n mooi plek die
sê nou maar ek wag vir jou hier
dis ‘n stukkie hemel op aarde die
ek sien die wêreld jaag die wêreld na
en elke kortpad is nog ‘n afdraai na verdwaal
maar ek sal buite staan onder die son of die maan
ek sal ‘n witvlag waai jy sal weet waar om tе draai
ek belowe daar’s ‘n pad tot hier
en hiеr kan jy stilwees
jy kan kaalvoet in die oomblik staan sonder antwoord sonder naam net
stilwees of skree want ek en die hemel weet jy wil die afstand tot aan die anderkant meet
maar alles is ok
alles is ok hier by my
sê nou maar ek wag vir jou hier
ek belowe dis ‘n herberg die
ek sit jou neer in die skaduwee
of in die son as die winter kom
en ek sal naby bly net naby genoeg
tot jy opkyk en sien grys maak plek vir blou
ek belowe hier is rus vir jou
en hier kan jy stilwees
jy kan kaalvoet in die oomblik staan sonder antwoord sonder naam net
stilwees of skree want ek en die hemel weet jy wil die afstand tot aan die anderkant meet
maar alles is ok
alles is ok
alles is ok hier by my
sê nou maar ek wag vir jou hier
Random Song Lyrics :
- järnspöken - kent lyrics
- metamorphosis - handsome poets lyrics
- gotti (remix) - young cudd lyrics
- karma - wizzac lyrics
- plumbthroat gives chase - alexander rosetti lyrics
- flexer - stanley (no) lyrics
- kasta din lur - saliboy lyrics
- journey - theofficialmercenary lyrics
- не могу дружить (i can not be friends) - johnyboy lyrics
- κάτω από τον βράχο (kato apo ton vraxo) - eplkt lyrics