lirikcinta.com
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

krappies & krefies - nádine (south african) lyrics

Loading...

‘n krefie sien ‘n krappie op die strand een aand
die sterretjies helder en die maan wat loer
hy kyk na haar en sy kyk na hom
die liefde het die harte aan die blom

die krefie spog by ma met die meisie van hom
pa was kwaai en baie verstom
want krefies loop reguit en krappies loop skeef
hul kinders sal seker in die rondte bеweeg

krefies loop reguit еn krappies loop skeef
daarom mag jy nooit met haar trou
krefies loop reguit en krappies loop skeef
daarom mag jy nooit met haar trou

die krefie kry toe raas by ma en pa
sy ou sus kreef en al die krewe vandaan
hy los toe maar die liefling van hom
haar hartjie gebreek en sy sê vir hom

kom ons verduidelik aan ma kreef en pa
krappies is so oulik met ‘n knypie hier en daar
hy kyk na haar met ‘n vreeslike gestaar
hul lag vir haar snaakse skewe stap
twee drie vier
krefies loop reguit en krappies loop skeef
daarom mag jy nooit met haar trou
krefies loop reguit en krappies loop skeef
daarom mag jy nooit met haar trou

‘n maanlig aand langs ‘n groot strand duin
kan krefie sy ogies net nie glo
kyk krappies stap reguit met haar pootjies nes ‘n kreef
die liefde het sy hart weer aan die brand

die krefie trap nader met ‘n pootjie op sy hart
vra haar om haar hand en nooi die hele krewe land
sy loer na hom en sê dadelik vir hom
uh luister boet jou voet

krefies loop reguit en krappies loop skeef
daarom mag jy nooit met haar trou
krefies loop reguit en krappies loop skeef
daarom mag jy nooit met haar trou

krefies loop reguit en krappies loop skeef
daarom mag jy nooit met haar trou
krefies loop reguit en krappies loop skeef
daarom mag jy nooit met haar trou

Random Song Lyrics :

Popular

Loading...