lirikcinta.com
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu die jagtog – coenie de villiers

Loading...

my pa was ‘n jagter
hy was ‘n man van staal
daar was krag in elke spier
hy kon die rigting van ‘n dier
soos ‘n nimrod op die wind bepaal

soos die jagter van ouds het hy die spoor gesny
en sekuur deur die veld
soos ‘n ariese held
het my pa op die spoor gebly

om afrikaner te wees
‘n boer uit een stuk
was die wil van bo –
so het pa geglo – dit was meer as net blote geluk

(koor)
moenie vrees nie my seun
jy kom jou vel te na
jy is boer in murg en been –
wat meer kan jy vra

ons het eendag gaan jag
net ek en my pa
met die geweer teen sy skouer
was hy wyser, was hy ouer
hy was méér as wat ‘n seun kon vra

so skuins ná drie
het hy ‘n blesbok gekwes
ons het die bloedspoor gesny
langs die heuwels verby
en later het ons noord, noord-wes
ons gewonde prooi gevolg tot diep in die bos
waar die laatmiddagson
– soos net die laeveld kon –
skadu’s tussen bome los

(koor)

maar skielik was ek bang
want in my hart het ek geweet
ons het rigting verloor
ons was áf van die spoor –
pa het die pad huis toe vergeet

ja, skielik was ek bang
al was dit moeilik om te glo
dat my pa kon verdwaal
dat my pa ook kon faal
– maar miskien voel baie kinders tog só

(koor)

lirik lagu lainnya :

YANG LAGI NGE-TRENDS...

Loading...