lirikcinta.com
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu bobotie – ddisselblom

Loading...

sy was nie oulik, sy was nie vroulik
sy was nie eintlik baie mooi nie
maar ek sien haar voor haar stofie
en ek ruik haar lekker bobotie

ek het haar gesien loop tussen die kaap en grabouw
sy was ‘n bietjie mank
maar ek het geweet met haar gaan ek trou
dit was een somernag en ‘n bietjie sweet
toe staan ons voor die magistraat en sweer die eed
sy was nie oulik, sy was nie vroulik
sy was nie eintlik baie mooi nie
maar ek sien haar voor haar stofie
en ek ruik haar lekker bobotie

na 6 kinders en dieselfde huis
het die huwelik verbrokkel soos ‘n slegte kys
ek het hard geskreeu en hard probeer
maar die armoede was vir haar net te seer
die welsyn sny hulle voorraad maar fyntjies
en so het die bobotie gekom sonder rosyntjies

jy’s nie oulik, jy’s nie vroulik

dit was in jaar 28 toe ou dokter diagnoseer
en 4 maande later moes die kospotte my leer
bobotie is ‘n knewel as jy sy kuns nie ken
en sonder my vroutjie sou ek sy resep nooit wen

sy was nie oulik, sy was nie vroulik

ek het nog een laaste keer ‘n kransie gaan lê
en ek was noodgedwonge om die volgende te sê

jy was nie oulik, jy was nie vroulik
jy was nie eintlik baie mooi nie
maar ek mis jou voor ons stofie
en ek mis ons lekker bobotie

lirik lagu lainnya :

YANG LAGI NGE-TRENDS...

Loading...