lirikcinta.com
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu ek wens – francois van coke

Loading...

dis ‘n klein stad waar ek wakker word
een waarvan ek my hele lewe lank wou ontsnap
moenie my veroordeel nie
as jy teen die monsters veg
pasop om nie een te word nie
pasop om nie een te word nie

ek is bewus
dis al klaar te laat
lank genoeg geleef om in ‘n strik te trap
dit is nie ‘n voordeel nie
as jy glo die monster is reg
pasop om nie een te word nie
pasop om nie een te word nie

ek wens vir ‘n beter toekoms vir ons saam
in ‘n land sonder bloedbelope grond
ek wens vir minder misdaad en minder haat
ek weet nie wie my mense is nie
ek weet nie wie my mense is nie

hier is ek nou
in dieselfde boot
ek is uit
maar hulle trek my net weer in
ek kan nie kant kies nie
as jy met die semels meng
dan sluk die varke jou in
dan sluk die varke jou in

ek wens vir ‘n beter toekoms vir ons saam
in ‘n land sonder bloedbelope grond
ek wens vir minder misdaad en minder haat
ek weet nie wie my mense is nie
ek weet nie wie my mense is nie

ek weet nie wie my mense is nie
ek weet nie wie my mense is nie

lirik lagu lainnya :

YANG LAGI NGE-TRENDS...

Loading...