lirikcinta.com
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu beautiful in beaufort-wes – gert vlok nel

Loading...

en jy was beautiful op beaufort-wes
en ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
en jy het op grafte en op treine
en op ford fairlane se agterseats gevry
en nou is jy en jou man both computer -n-lysts
en laas winter you tried to cut both of your wrists
en nou skryf jy vir my jy kan nie meer slaap nie
nie meer lag nie
nie meer iets vir jouself doen nie
nooit ooit weer vir my soen nie

en mooi mooi mooi was jou woorde ook
terwyl jy menthol sigarette rook
en daai sweet sweet dinge vir my se
terwyl jy sweet sweet in my arms le
en die presiese woorde het ek presies vergeet
ek onthou net die rook en die sweet in beaufort-wes
en jou kaal liggaam onder ‘n cool summer cotton dress
nie meer slaap nie, nie meer lag nie
nie meer iets vir mekaar doen nie
nooit ooit weer vir jou soen nie

en dis miskien soos ‘n storie uit die huisgenoot
maar jy’t een aand skielik vir my weggestoot
en in die rear view mirror jou gesig gekyk
en gese ‘miskien moet ek gelukkiger lyk’
daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
en het gevoel hoe my hart losruk uit my lyf
en soos ‘n roeiboot in die rivier afdryf
ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie
nie meer iets ooit reg doen nie
nooit ooit weer vir jou soen nie

en die laaste herinnering waaroor ek sing
is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan in die nag in ry
tot anderkant die ding dong gong
van die breakfast waiter in die gang verby
en dit was my wake-up call my lief
jy het gese wees -sseblief lief vir my
maar ek het gedroom ons het in beaufort-wes gaan woon
en ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie
nie meer so iets doen nie
nooit ooit weer vir jou soen nie

lirik lagu lainnya :

YANG LAGI NGE-TRENDS...

Loading...