lirikcinta.com
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu ps!3s (science) – glaskas

Loading...

ek soek nie na die plek
sonder reëls nie
ek soek net na die plek
sonder doellose grense

dis nie asof ek nie omgee nie
maar ek gee net om
oor dit wat saak maak

daar’s so baie goed wat saak maak
en daar’s so baie idees wat in mense se gedagtes brand
waarvan niemand ooit sal weet nie

daar’s so baie goed wat saak maak
en daar’s so baie idees wat in mense se gedagtes brand
waarvan niemand ooit sal weet nie

en ek sal jou so graag wil vertel van die plekke
wat ek in my gedagtes sien
maar dis nie plekke wat bestaan uit wind en water en vuur en sand nie
dit bestaan nie uit wind en water en vuur en sand nie

somtyds voel my drome
so nutteloos

maar so baie drome
gaan verder
as die sterre

en het jy al ooit ged-nk
hoe groot is ons wêreld
as jy ons almal se drome aanmekaar weef

want daar’s so baie mense wat wegkruip
en daar’s so baie drome
wat middeldeur breek

want daar’s so baie mense wat wegkruip
en daar’s so baie drome
wat middeldeur breek

ek sou jou so baie graag wou vertel
van die plekke wat ek in my gedagtes sien
want dis nie plekke wat bestaan uit wind en water en vuur en sand nie
dit bestaan nie uit wind en water en vuur en sand nie

en somtyds voel ek net so hulpeloos
ek voel hulpeloos
en somtyds voel ek net so hulpeloos
ek voel hulpeloos
hulpeloos

ek sou jou so graag wou vertel van die plekke
wat ek in my gedagtes sien
want dis nie plekke wat bestaan uit wind en water en vuur en sand nie
dit bestaan nie uit wind en water en vuur en sand nie

en ek sou so graag wou hê
dat jy moet sien hoe lyk die woorde wat jy sê
wanneer hulle met my gedagtes speel

lirik lagu lainnya :

YANG LAGI NGE-TRENDS...

Loading...