lirikcinta.com
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu honderdduisend hektaar – joe niemand

Loading...

[afrikaans]

ek word wakker in die middel van die nag
die laken gly van my koue voete af
die kamer bly agter, die aarde laat my gaan
soos ek spoorloos verdwyn en deur die dak uitgaan

daar onder is geluide
ek hoor hoe breek n deur
‘n flits deur die venster
‘n gehardloop en geskree

maar ek styg net saggies
ek styg soos n droom
vee die wolke uit my oe uit
soos die nag ontsoom

hou vas my hand
vanaand sien jy jou regte huis

n honderdduisend hektaar se plaas in die son
die damme le soos plasse op die horison
jou mense is veilig, al jou kinders by die huis
die lande le groen, kom laat ek jou gaan wys
hoe lyk n honderdduisend hektaar se plaas in die son
ek word wakker in dieselfde middernag
ek trek dieselfde laken van my koue voete af
ek wonder oor my droom, ek wonder wat dit was
soos ek die kluis oopmaak en in die donker wag

en net soos in my droom
breek daar iemand deur die deur
ek sien wye wit oe
af teen die loop van my geweer

maar ek praat net saggies
ek praat oor my droom
oor dit wat ek gesien het
dit wat wag daar bo

hou vas my hand
vanaand sien jy jou regte huis

n honderdduisend hektaar se plaas in die son
die damme le soos plasse op die horison
jou mense is veilig, al jou kinders by die huis
die lande le groen, kom laat ek jou gaan wys
hoe lyk n honderdduisend hektaar se plaas in die son
die damme le soos plasse op die horison
jou mense is veilig, al jou kinders by die huis
die lande lê groen, kom laat ek jou gaan wys
wraak en haat behoort aan u
nie in my feilbare hande nie
ek is vreesloos hier solank’s u so sê
tot u my wegroep en ons saam in groen lande lê

op my honderdduisend hektaar se plaas in die son
die damme le soos plasse op die horison
jou mense is veilig, al jou kinders by die huis
die lande le groen, kom laat ek jou gaan wys
hoe lyk n honderdduisend hektaar se plaas in die son
die damme le soos plasse op die horison
jou mense is veilig, al jou kinders by die huis
die lande lê groen, kom laat ek jou gaan wys
hoe lyk ‘n honderdduisend hektaar se plaas in die son

lirik lagu lainnya :

YANG LAGI NGE-TRENDS...

Loading...