lirikcinta.com
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu laurika rauch keurspel – karlien van jaarsveld

Loading...

[vers 1]
ek het in my kinderjare
vas geglo aan kersfeesvader
in werklikheid ry hy mos met ‘n sleë
maar hier stap hy deur die mielies
met ‘n streepsak en ‘n kierie
en my boetie vra, boer hy by clocolan?

[koor]
waar is jou rendier en silwer spore?
waar is ons drome van gisteraand?
vlieg oor die bome met my drome
en kyk hoe glinster die maan

[vers 2]
die winde van die winter
het my kindеrhart ontnugter
ek en boetiе kry ‘n rooi jas in die laai
jonk van jare, oud van dae
huil ek hartseer in my kamer
want die fantasie het soos ‘n droom verdwyn

[koor]
waar is jou rendier en silwer spore?
waar is ons drome van gisteraand?
vlieg oor die bome met my drome
en kyk hoe glinster die maan
[vers 3]
jy’t gesê ons liefde sal bly staan
al tuimel al die berge in die oseaan
kom doen vir my ‘n gunsie
net voor jy gaan
gooi vir my ‘n klippie
‘n klippie in die oseaan

[vers 4]
en wie sal ooit die liefde kan verstaan?
dis nader as ‘n hartklop, en verder as die maan
daar is ‘n tyd van kom, en ook ‘n tyd van gaan
dit het ek gelees, maar hoe sal ek dit ooit verstaan?

[vers 5]
en kyk hoe sak die sekelmaan
in die stille oseaan
stille waters, met diepe grond
onder draai die duiwel, onder draai die duiwel rond
onder draai die duiwel, onder draai die duiwel rond

[stilte]

[vers 6]
wat het sy wat ek nie het?
en hoe het sy jou hart gewen?
ek wens ek kon dit als verstaan
want hoe neem ‘n mens afskeid as jy nie wil gaan?
[voorkoor]
en ek het jou steeds nodig, het jy nie dalk vir my?
het jy van my gaan wegvlug, toe jy iemand anders kry?

[koor]
jakkals trou met wolf se vrou
en jy breek my hart al weer maar ek onthou
toe jy jou arms om my vou, ek mis jou nou
en ek wens ek kon jou vashou
maar jakkals trou met wolf se vrou

[vers 7]
ek weet sy’s nie vir jou bedoel
hoe kon jy vir haar dit voel?
ek praat jou taal, ek volg jou spoor
maar al skree ook my hart uit sal jy my nie hoor

[voorkoor]
en ek het jou steeds nodig, het jy nie dalk vir my?
het jy van my gaan wegvlug, toe jy iemand anders kry?

[koor]
jakkals trou met wolf se vrou
en jy breek my hart alweer maar ek onthou
toe jy jou arms om my vou, ek mis jou nou
en ek wens ek kon jou vashou
[brug]
maar jakkals trou nie met my meer nie
kyk hier kom die reën
voel jy niks meer vir my nie?

[slot]
jakkals trou met wolf se vrou
en jy breek my hart alweer maar ek onthou
toe jy jou arms om my vou, ek mis jou nou
en ek wens ek kon jou vashou
maar jakkals trou met wolf se vrou
en jy breek my hart alweer maar ek onthou
toe jy jou arms om my vou, ek mis jou nou
en ek wens ek kon jou vashou
maar jakkals trou met wolf se vrou

lirik lagu lainnya :

YANG LAGI NGE-TRENDS...

Loading...