lirikcinta.com
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu huigelaar – kobus!

Loading...

halleluja hosanna!
kom kyk na my konsert
my skynheilige skouspel
die skamele honderd rande werd
ek preek die nuwe testament met ‘n rock’nroll gebed
net 999neëntig op ‘n cd of k-sset

koop! koop! koop! my woorde soet soos stroop
die show wat ek hou sal verlossing bring vir jou
kom! kom! kom! gehoorsaam my gebod
ek is ‘n selfvoldane sot soos ’n christen vermom

hosanna halleluja!
my dvd is klaar
ek loof die naam van jesus
met ‘n juigende kitaar
die kamera streel sagkens oor my plastiese gelaat
agter sneeuwit armani skuil die hart van ‘n huigelaar

koop! koop! koop! my dvd hoop
ek wil ‘n groot nuwe huis bou, betaal deur jou
gee! gee! gee! ek soek ‘n nuwe bmw
om al die geld wat ek kry na die bank toe te karwei

maar wag, dis nie al nie luister nou na dié aanbod
koop my plaat voor eind-oktober, kry ‘n kleurplakaat van god!!

halleluja hosanna!
die duiwel is verslaan
almal wat my cd koop kan hemel toe gaan
ek preek die blye boodskap met ‘n rock’nroll gebed
net 999neëntig op ’n cd of k-sset

kom, kom, kom! huigelaar!
hosanna halleluja
kom, kom, kom! huigelaar!
hosanna halleluja
kom, kom, kom! huigelaar!
hosanna halleluja
kom, kom, kom, gehoorsaam my gebod
ek is ’n selfvoldane sot soos ‘n christen vermom!

lirik lagu lainnya :

YANG LAGI NGE-TRENDS...

Loading...