lirikcinta.com
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu onthou (vir willem) – laurika rauch

Loading...

jy sê vir my ek moet vir jou ’n liedjie skryf, sodat jy my kan onthou wanneer ek dalk sou weggaan met die tyd
jy sê jy wil van mozart hoor, van billy joel en koos kombuis en dat ek tog ’n stukkie queen moet insit net vir jou
ek sê vir jou jy sal my nie onthou met so ’n liedjie nie, maar wel met elke noot musiek wat iewers begin leef

onthou kom uit die bloute, lief. onthou kom uit die niet
jy sal dit nie kan toonset nie, jy sal dit nie kan sien nie, onthou kom uit jou hart

jy sê vir my ek moet vir jou ’n storie skryf, sodat jy my kan onthou wanneer ek dalk sou weggaan met die tyd
jy sê jy wil van paddas hoor wat prinse word en hekse toor en van prinsesse wat in weelde dans dwarsdeur die nag
ek sê vir jou jy sal my nie onthou met so ’n storie nie, maar wel met elke keer wanneer ’n sprokie waarheid word

onthou kom uit die bloute, lief. onthou kom uit die niet
jy sal dit nie kan toonset nie, jy sal dit nie kan sien nie, onthou kom uit jou hart

jy sê vir my ek moet vir jou ’n prentjie verf sodat jy my kan onthou wanneer ek dalk sou weggaan met die tyd
jy sê jy wil die kleure en die lelies sien van monet en dat van gogh ook tog ’n plekkie in my prent moet kry
ek sê vir jou jy sal my nie onthou met so ’n prentjie nie, maar wel met elke keer wanneer die son wegsak in goud

onthou kom uit die bloute, lief. onthou kom uit die niet
jy sal dit nie kan toonset nie, jy sal dit nie kan sien nie, onthou kom uit jou hart

onthou is in jou hart

lirik lagu lainnya :

YANG LAGI NGE-TRENDS...

Loading...