lirikcinta.com
a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 #

lirik lagu die digter – robbie wessels

Loading...

as jy die digter se hart wil verstaan
sal jy deur die hemel se poorte moet gaan
en daar saam die eng’le in die wolke rond speel
dan sal jy in die digter se drome kan deel

as jy die digter se hart wil bekoor
sal jy die stemme in die wind moet hoor
jy sal moet luister na wat die stem vir jou sê
dan sal jy weet wat die digter wil hê

nie geld of leë plesier
groot geskenke duur
nie ‘n groot of volgehoor
net iemand wat wil hoor
as jy die digter se woorde nie glo
gaan ry deur die klein karoo
as jy die rolbos se ritme kan voel
dan sal jy weet wat die digter bedoel

as die digter se woorde jou pla
en jy vir hom ‘n vraag wil vra
onthou die digter sê dit wat hy hoor
by die stemme by die engele koor

die a die b mineur
deurspeel die hart se seer
die e die c majoor
is net wat die hart wil hoor

anton goosen en koos du plessis
valiant ook en dozi
amanda strydom en koos kombuis
my in die vreemde laat verlang na my huis

as die verlange en die seer aan jou knaag
en die lewe los jou droog en laag
smeer die digter se salf aan jou wond
dan word jy weer met die tyd gesond

vaarwel vaarwel die seer
goeietyding klop weer aan jou deur
vaarwel vaarwel weemoed
as die voorspoed jou weer kom groet
vaarwel vaarwel die seer
goeietyding klop weer aan jou deur
vaarwel vaarwel weemoed
as die voorspoed jou weer kom groet

as jy die digter se hart wil verstaan
sal jy deur die poorte moet gaan

lirik lagu lainnya :

YANG LAGI NGE-TRENDS...

Loading...